Delta Air Lines

Delta Air Lines
'n Delta A330 in die huidige kleure geverf
IATA: DL
ICAO: DAL
Roepsein: DELTA
Gestig: 30 Mei 1924[1]
Ondernemingsvorm: Aandelemaatskappy
Hoofkwartier: Atlanta, VSA
Hooflughawe: Hartsfield-Jackson Atlanta
HUB: Ed Bastian
President: Glen Hauenstein
Werknemers: 83 000 (Des. 2021)
Alliansie: SkyTeam
Bestemmings: 325 (2019)
Vloot: 877 vliegtuie
Webtuiste: http://www.delta.com/

Delta Air Lines, Inc., gewoonlik na verwys as Delta, is een van die belangrikste lugrederye van die Verenigde State[2][3] en 'n sogenaamde erfenisdiensverskaffer. Delta is een van die oudste lugrederye ter wêreld, met sy hoofkwartier in Atlanta, Georgia.[4] Delta Air Lines en sy filiale bedryf meer as 5 400 vlugte daagliks en bedien 325 bestemmings in 52 lande op ses vastelande, en het ongeveer 83 000 werknemers in diens.

Die lugredery se spilpunt by Hartsfield-Jackson Atlanta Internasionale Lughawe is die wêreld se besigste lughawe wat passasiersverkeer betref (dit hanteer meer as 91 miljoen passasiers per jaar). Dit is ook die tuiste van Delta se tegniese bedryfsentrum.[5] Delta is die sesde oudste lugredery en die oudste lugredery nog wat in die Verenigde State opereer. Delta Air Lines is een van die vier stigterslede van die SkyTeam-alliansie,[3] die ander drie synde Korean Air, Air France en Aeroméxico. Die lojaliteitsprogram van Delta Air Lines is SkyMiles. Delta Air Lines was die wêreld se grootste lugredery in terme van vlootgrootte in 2011[6] en geskeduleerde passasiersverkeer in 2012.[7]

Delta Express Boeing 737-200

Delta het nege spilpunte, met Atlanta as die grootste in terme van totale passasiers en aantal vertrekpunte.[3] Dit is tweede onder die wêreld se grootste lugrederye volgens die aantal geskeduleerde passasiers wat vervoer word, inkomste- passasierskilometers wat gevlieg word en vlootgrootte.[8] Dit is as 69ste gelys op die Fortune 500.[9] Die lugredery se streeksdiens word deur Delta Connection bedien.

  1. Norwood, Tom; Wegg, John (2002). North American Airlines Handbook (3rd uitg.). Sandpoint, Idaho: Airways International. p. 40. ISBN 0-9653993-8-9.
  2. "Deals & Destinations". Delta Air Lines. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2019. Besoek op 27 Julie 2019.
  3. 3,0 3,1 3,2 "Corporate Stats and Facts". Delta Air Lines. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2015. Besoek op 7 Augustus 2015.
  4. Federal Aviation Administration – Airline Certificate Information – Detail View. FAA.gov. URL besoek op 1 Mei 2012.
  5. Delta TechOps
  6. "The world's 10 largest airlines". Rediff.com (in Engels). 15 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2020.
  7. "Scheduled passengers carried". IATA World Air Transport Statistics (WATS), 57th edition (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2015. Besoek op 5 Julie 2013.
  8. "Scheduled passenger-kilometres flown". IATA World Air Transport Statistics, 57ste uitgawe (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2017. Besoek op 5 Julie 2013.
  9. "Fortune 500: Delta Airlines". Fortune. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2019. Besoek op 28 Julie 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy